HEIDELBERG NUUS - Hessequa Harmonie, wat van 23 tot 27 September plaasvind, is reeds in volle swang.
Behalwe vir vanoggend se Afrikaans100-ontbyt en Volksmond: Wêreldmusiek, wat reeds plaasgevind het, kan feesgangers vanaand om 18:00 in die stadsaal gaan luister na Afrikaans, my hart - waar Zanne Stapelberg, Jo-Nette le Kay, William Berger, Lynelle Kenned en Elna van der Merwe - jou hartsnare gaan roer.
Om 20:00 sorg Tiaan Slabbert met Hans bars die bioborrel in die NG-kerksaal vir ’n toneelspel waarna daar uitgesien kan word.
Die Harmonie-fees lê klem op gemeenskap, tradisie en plaaslike erfenis.
Vanjaar se program sluit die vieringe van 100 jaar Afrikaans en 100 jaar pinotage in – twee belangrike mylpale in die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’