HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Rugbyklub het gister daarin geslaag om die span van Blanco United Rugbyklub woer-woer met 23 - 16 te klop.
Dit, nadat hulle met 7 - 6 agter was in die vierderondte SWDRU Superliga Top 8 wedstryd op hul tuisveld.
Die wedstryd was deurgaans kliphard gespeel en was daar net vier keer agter die doellyn gekuier, waarvan die tuisspan drie en die besoekers een keer gedruk het.
Heibi se ander twee spanne het ook hul wedstryde gewen, waarvan die C-span met 13 - 5 nadat hulle rustyd met 10 - 5 voor was, en die B-span met 36 - 10 nadat hulle rustyd met die telling 24 - 3 in hulle guns, lemoene gaan geniet het.
Heibi speel Saterdag weg teen Progress van George en sal hulle heelwat moet verbeter om die eens kampioenspan op sy tuisveld te klop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’