HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub het Saterdag 21 Junie eenvoudig oor die voormalige veeltallige kampioene, Crusaders van George, gestoomroller.
Die eens magtige Crusaders is in die SWDRU Superliga A tuiswedstryd met 60 - 27 geklop nadat hulle rustyd met 17 - 25 agter geloop het.
Heibi het agt drieë teenoor Crusaders se vier ingeryg.
In die twee voorwedstryde het Heibi ook koning gekraai.
Die C-span het met 24 - 13 gewen nadat hulle rustyd met 12 - 13 agter was, terwyl die B-span met 28 - 10 gewen het. Hulle was rustyd met 21 - 0 voor.
Heibi speel Saterdag weg teen Bridgton van Oudtshoorn in hul tweede laaste eerste ronde wedstryd.
Hier kan ’n taai wedstryd verwag word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’