HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Rugbyklub se dapper veldtog om die 2025 SWDRU Superliga én die Gold Cup-titel in te palm, het Saterdag in Humansdorp tot ’n dramatiese einde gekom toe hulle ná ’n uitmergelende stryd teen Kruisfontein Rugbyklub net kort geknip is.
Die wedstryd het ná ekstratyd gelykop op 33 - 33 geëindig, maar Kruisfontein is as wenners aangewys op grond van die reël wat die span met die meeste drieë bevoordeel.
Die tuisspan het vier keer oor die doellyn gedruk teenoor Heibi se drie.
Tog het Heidelberg tydens rustyd met 23 - 20 voorgeloop en vir lank soos die oorwinnaars gelyk, maar moes uiteindelik in die slotfases die prys betaal.
Die fokus skuif nou na die langverwagte finaal tussen Evergreens en Heidelberg se eerstespanne, wat waarskynlik oor twee weke beslis sal word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’