HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub het Saterdag in hul voorlaaste eerste ronde ligawedstryd hul eerste verloor van die seisoen gely toe hulle deur Bridgton-rugbyklub met 43 - 33 verslaan is.
Dít nadat die tuisspan rustyd met 28 - 14 in die SWDRU Superliga A-wedstryd voorgeloop het.
Daar is 11 keer agter die doellyn gekuier, waarvan Bridgton ses en Heibi vyf keer gaan druk het.
In die twee voorafgaande wedstryde tussen die B en C-spanne het Heibi se B-span met 28 - 22 gewen en die tuisspan se C-span het naelskraap met 14 - 12 as oorwinnaars van die veld afgestap.
Heibi speel Saterdag hul laaste eerste ronde wedstryd tuis teen Progress van George en hier kan weer ’n harde, dog opwindende wedstryd verwag word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’