HEIDELBERG NUUS - Die Ebrahim Patel Community Cup-toernooi sluit vandag af na ’n naweek van klipharde, dog opwindende hardlooprugby.
Heibi het Donderdag in hul eerste wedstryd teen Safcol met 22 - 39 verloor, waarna hulle Saterdag in die plaatafdeling teen Bridgton met 42 - 32 geseëvier het.
Hulle speel later vanoggend in die Plaatfinaal teen Kruisfontein.
Hier sal hulle wraak wil neem, aangesien hulle verlede jaar ná ’n gelykop telling van 33 - 33 in hul wegwedstryd van die Gold Cup op ’n tegniese punt as verloorder aangewys is.
Die eerste wedstryd van die dag is tussen Blanco en Bridgton, gevolg deur die Heibi/Kruisfontein-wedstryd.
Daarna speel Botrivier teen PE Harlequins, met die Bekerfinaal tussen Robertson Town en Safcol wat die dag afsluit.
Hordes plaaslike ondersteuners van Heidelberg sal weer Outeniqua Park vol pak om die spogproduk van dié dorp uit volle bors te ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’