Gallery
STILBAAI NUUS - Die stormweer van Sondag 29 September het gesorg vir groot pret by die hawemuur in Stilbaai.
Nie eers die koue kon 'n groepie kinders weghou nie en hulle het heerlik baljaar terwyl die reusegolwe oor die hawemuur gebreek het.
Dit is 'n effense gevaarlike speletjie, maar die waaghalse het dit tot teen die muur gewaag en dan staan en wag vir die golwe om oor hulle te breek.
Verderaan by Morrispunt was dit weer 'n groot swerm voëls wat die sterk wind aangedurf het.
Nodeloos om te sê dat niemand dit gewaag het om 'n stukkie te braai by die talle braaiplekke teen die see nie.
'n Ou klein golfie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’