HEIDELBERG NUUS - Die Pampoenfeeskomitee, onder leiding van Altus Joubert en Mike Amos, het twee groot watertenks en ook breekware aan Huis Zenobia du Toit vir bejaardes (HZDT) geskenk.
Dié skenking is in samewerking met SSK en Buffalo Tanks gedoen en is op Vrydag 18 Oktober deur Joubert en Amos aan Heidi de Jager, bestuurder van die tehuis, oorhandig.
Daar is ook broodnodige breekware en 'n pragtige ruiker aan die instansie geskenk.
Die middagete bestaande uit heerlik gebakte snoek is ook aan die inwoners geskenk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’