HEIDELBERG NUUS - Die Anglikaanse Bisdom van George het Vrydag in die vroeë oggendure een van hul groot seders verloor met die afsterwe van eerwaarde Eben Pretorius.
Vader Eben (69), soos hy alombekend was, het ná 'n kort siekbed van ongeveer twee weke aan 'n longverwante siekte in Mediclinic George gesterf.
Hy was vanaf 2012 tot 2018 die plaaslike rektor by St. Barnabas Anglikaanse Kerk in dié dorp.
Hy laat sy vrou, Rowena, twee dogters, een broer en twee susters agter.
Die begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’