Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Heidelberg gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se algemene jaarsvergadering wat Donderdagaand, 3 Desember moes plaasvind, moes uitgestel word omdat daar nie ‘n voldoende kworum teenwoordig was nie.
Volgens Don Sauls, departement gemeenskapsveilgheid areabestuurder wat as verkiesingsbeampte sou waarneem, is daar nie genoegsame kennisgewing aan die dorp se organisasies en besighede gegee nie.
Dit is nou vir Donderdag, 17 Desember geskeduleer.
Instansies wat deel van die GPF wil vorm kan die aansoekvorm by die polisiestasie afhaal of met ao Alroy Windvogel, plaaslike polisie kommunikasiebeampte in verbinding tree om ’n vorm te bekom.
Volgens Windvogel moet die voltooide vorms teen Donderdag 10 Desember by die dienssentrum teen 16:00 (4nm) ingehandig word. Geen vorms sal na die spertyd aanvaar word nie.
“Instansies moet dan aan dui wie hul verteenwoordiger sal wees en moet die verkose verteenwoordiger ’n geloofsbrief
by die AJV indien om stemreg te geniet”.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'