STILBAAI NUUS - Vrywilligers van Stilbaai Coastal Cleanup en die Stilbaai-roeiers, onder leiding van Clifton Donald, het Vrydag 21 Julie die reusetaak aangepak om die Goukourivieroewer skoon te maak.
Hulle het aan die westekant vanaf Lapskuit tot by die brug gewerk en ook aan die oostekant van Julie se Baai see se kant toe.
Die 18 vrywilligers het van halfelf tot halfeen geswoeg en meer as 40 sakke rommel opgetel. Daar het ook ‘n paar buitebande, ‘n padverkeersteken en ‘n eiendomsagentskap se bord uitgekom.
Dit is ongelooflik hoe die mens besig is om die natuur te vernietig.
Foto's: Johan Victor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’