STILBAAI NUUS - Die enigiets wat kan dryf op die Goukourivier by Stilbaai se organiseerders het gehoop vir 150 deelnemers en toe daag daar letterlik honderde mense op vir die geleentheid.
In Versfeldstraat by die jetty was daar Saterdagmiddag 28 Desember een van die grootste verkeersknope in Stilbaai se geskiedenis toe almal daar toesak om hulle vaartuie af te laai.
Op die water was die verkeer nog digter, maar dit het darem gevloei en toe die laaste mense die water in is het die voorste groep al klaar gemaak regoor die amfiteater.
Lees meer in die nuutste gedrukte uitgawe van Suid-Kaap Forum.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’