Gallery
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende Oktober verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues Projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan Mariana Ellis (Stilbaai), asook die volgende besighede op Stilbaai: Blinds Factory, Pep Stores en Stilbaai Slaghuis vir skenkings.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
• Albertinia Versorgingsdienste: Kitty van Zyl (16-10-1943).
• Huis Stilbaai: Jimmy Bouwer (06-10-1939), Nellie Ross (07-10-1926 en Cornelia la Grange (13-10-1931).
• Jan Lange, Riversdal: Beatrix Immelman (21-10-1931) en Patrick McAravey (21-10-1949).
• Ou Meule, Riversdal: Santie Botes (15-10-1944), Johlene Streicher (20-10-1953) en Suzette van Dyk (21-10-1938).
• Stillerus, Melkhoutfontein: Vaatjie de Jager (23-10-1944).
• Huis Zenobia Du Toit, Heidelberg: Baby van Dyk (06-10-1933).
Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'