ALBERTINIA NUUSFLITS - Die handwerkgroep van die dienssentrum van Albertinia Versorgingsdienste het vanjaar weer gewys dat hulle nog vlytig met die vingers is.
Elma Hiten, Marina van Rensburg, Tersia Weitz en Alsa Hugo leer die ongeveer 20 dames nie net nuwe vaardighede aan nie, maar inspireer hulle ook om nuwe talente te ontdek.
Uitrustings vir vroeggebore babas en teddiebere vir kankerpasiënte is gebrei, handsakke van oorskietlappies is gemaak en nog vele ander items is vervaardig.
Sommige items word aan projekte geskenk en ander items mag die vroue vir hulself hou..
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'