RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-sakekamer het Woensdagaand 'n onverwagte groot opkoms opgelewer toe Rachel Wall van Stilbaai-sakeforum belangstellende sakelui van die dorp kom toespreek het.
Hoërskool Langenhoven se klubhuis was volgepak met besigheidsmanne en -vroue wat geluister het na Wall se toespraak oor die belangrikheid van 'n sakekamer in 'n dorp.
Sy het beaam dat samewerking van besighede, sakekamers en die munisipaliteit van kardinale belang is.
Wall se positiewe toespraak het met woorde van hoop begin en die toekoms van sakekamers en die waarde van kleinsake se bydrae tot die ekonomie beklemtoon.
Jacques Coetzee, voorsitter van die Riversdal-sakekamer, het gevra dat besighede in die dorp by die sakekamer moet aansluit en dat 'n nuwe komitee op 'n volgende vergadering gekies word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’