ALBERTINIA NUUS - Vir talle mense is dit soms 'n voorreg om iets in hul gemeenskappe te kan terugploeg.
Gerswin Cupido glo daarin dat jy iets moet teruggee in jou gemeenskap waar jy groot geword het. Hy sê dat ons as mense nooit moet vergeet waarvandaan ons kom nie.
Daarom het Gerswin besluit om 'n televisie te skenk om kinderanimasie vir die kinders makliker beskikbaar te maak.
Vandaar sy skenking aan die Albertinia-biblioteek omdat hy self ook daar 'n lid was tydens sy skoolloopbaan. Hy glo dat dié televisie sal help om kinders se breine vanaf 'n jong ouderdom te laat ontwikkel.
"Dit is so belangrik om te belê in goeie stories, veral by vroeë kinderontwikkeling, want sodra elke persoon die ontwikkeling en liefde vir lees aanleer, ontwikkel jy 'n goeie skoolstroom wat goed presteer in akademie en stimuleer mens ook die leerder se kognitiewe denke."
Die animasies, wat ook geskenk is aan die biblioteek, is saamgestel en befonds deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans wat fokus daarop om ontwikkeling te doen veral met lees.
Gerswin hoop dat hierdie skenking aan die biblioteek ten volle sal benut word sodat leerders nie net visuele beelde kan sien nie, maar ook kan lees onder die beelde wat op die TV-skerm vertoon word.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'