RIVERSDALE NEWS - Gerrit du Plessis Senior Sekondêr se matrieks het in 2022 'n slaagsyfer van 77,9% behaal. Die skoolhoof, Patrick Witbooi, sê hy is heel tevrede met die skool se slaagsyfer.
"My eerste reaksie toe ek die uitslae ontvang het, was een van groot verligting. Die afgelope drie jaar was 'n groot uitdaging met die Covid-19-pandemie, maar die leerders en onderwysers het vasgebyt en deurgedruk. Baie geluk aan die suksesvolles. Ons is trots op julle.
"Aan diegene wat dit nie gemaak het nie, ons is ook trots op julle. Onthou net, dis nie hoe jy val nie, maar hoe jy opstaan."
Die drie toppresteerders is Lee-Owen Kleinhans (71,42%), Gertlin Jacobs (65,85%) en Marietjie Esauw (63,71%).
Gerrit du Plessis Sekondêr se leerders was skoon uitgelate toe hulle verlede Vrydag hul matriekuitslae by die skool gaan haal het. Foto: Juan-Maré Conradie LINKS: Gerrit du Plessis Sekondêr se drie toppresteerders vir 2022 is van links: Gertlin Jacobs, Lee-Owen Kleinhans (duxleerling) en Marietjie Esauw.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'