HESSEQUA NUUS - Gereelde padblokkades wag van Vrydag 15 Desember af op motoriste en dis veral besige paaie na Stilbaai, Riversdal en Heidelberg wat goed dopgehou gaan word.
Padblokkades word vir 15, 16, 23, 24, 30 en 31 Desember beplan. Maar van die komende naweek af sal daar deurlopende padblokkades gedurende die naweek wees.
Diegene wat oor 'n naweek vasgetrek word, veral vir dronkbestuur, sal die naweek in die tronk deurbring en eers die volgende Maandag in die landdroshof verskyn.
Dronkbestuurders se voertuie sal ook op beslag gelê en geskut word. 'n Boete van minstens R2000 sal gehef word om geskutte voertuie aan hul wettige eienaars terug te besorg mits die voertuig padwaardig is en daar geen uitstaande boetes is en die lisensie nog geldig is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’