Video
RIVERSDAL NUUS & VIDEO - Gemeenskapsleiers van Riversdal vertel meer oor die uitdagings in Hessequa en wat hulle graag na die verkiesing sal wil sien verander.
Johan Crous, sakeman, meen die veiligheid van dorps- en plaasbewoners word bedreig deur misdaad, wat gedryf word deur armoede en werkloosheid en wat lei tot sosiaal-maatskaplike verval.
Hy sal graag wil sien dat die polisie meer mag kry om sosiale euwels aan te spreek.
Beth Paine, sakevrou en voorsitter van die gemeenskapspolisieringsforum, meen drankmisbruik is die wortel van die kwaad. Sy wil graag sien dat onwettige drankhandelaars vasgevat word, dat ‘n jeugsentrum vir kinders geskep word en dat kameras by al die ingange na die dorp aangebring word.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'