STILBAAI NUUS - Indien jy bekommerd is oor misdaad in en om Stilbaai en nie net wil staatmaak op sosiale media bespiegelinge nie moet jy die gemeenskappolisiëringforum se imbizo bywoon Maandagaand 30 Junie om 18:00 in Die Waenhuis by Jagersbosch.
Die GPF gaan terugvoer gee rakende hulle projekte, die polisie gaan praat oor misdaad, Hessequa-wetstoepassing is daar om oor hulle werksaamhede verslag te doen en die buurtwag gaan ook inligting deel met die teenwoordiges.
Wees deel van die oplossing en woon die imbizo by, want daar gaan jy eerstehands ingelig word rakende misdaad in en om Stilbaai, asook die bekamping daarvan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’