STILBAAI NUUS - Die optog begin Dinsdagoggend 09:00 by Lappiesbaai en eindig by Stilbaai hawe.
Hessequa wetstoepassing lei die optog gevolg deur Stilbaai Polisie, die brandweer, Werk vir Vuur, NSRI, buurt- en plaaswagte en dit gaan gepaard met loeiende sirenes om die gemeenskap en vakansiegangers veilig te laat voel in Stilbaai.
Moet dus nie vreesbevange raak, jou besittings in 'n motor gooi en jaag vir die N2 nie, want Stilbaai word nie bedreig nie.
Ondersteun die optog en bedank die manne en vroue, terwyl julle hulle aanmoedig op hulle roete eers in Hoofweg-Oos en dan Hoofweg-Wes tot by die hawe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’