STILBAAI NUUS - Tehuis Stilbaai moes met hartseer afskeid neem van ‘n bekende en geliefde inwoner Elizabeth Cornelia Niehaus (néé Louw). Almal het haar as Tannie Bettie Niehaus geken.
Sy is op 3 Desember rustig in haar slaap in die ouderdom van 85 oorlede. Sy was twaalf jaar 'n inwoner van dié versorgingsoord vir bejaardes.
Sy was 'n bekwame musikant, pianiste en orrelis, begeleier, musiekonderwyseres, dirigent, koorafrigter en 'n baanbreker van die Afrikaanse volksliedere en volkspele.
Sy word deur drie susters, drie kinders, ses kleinkinders en een agterkleinkind oorleef.
‘n Erediens ter viering van haar lewe word op 13 Desember in Stilbaai gehou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’