STILBAAI NUUS - Daar is geen manier wat enigiemand wat geregistreer is om Woensdag te stem tydens die spesiale stemperiode hulle kruisie kan gaan trek nie.
Daar doen fopnuus op sosiale media die rondte dat mense ouer as 60 wel kan stem Maandag en Dinsdag, al is hulle geregistreer vir Woensdag.
Dit help nie eers om te probeer nie en wag dus maar jou beurt af tot Woensdag.
Dit is egter uiters belangrik dat een en almal wat registreer het hulle kruisie gaan maak om te help verseker dat hierdie verkiesing demokraties verloop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’