HEIDELBERG NUUS - Heinrich Februarie (15), 'n gr. 7-leerder van De Waalville Primêr is op 13-jarige ouderdom met limfklierkanker gediagnoseer.
Heinrich, oudste seun van Ben en Sarah kon glad nie aan stof blootgestel word nie en was vir nagenoeg twee jaar van buitekontak geïsoleer. Hy moes ook maande lank in Rooikruis-kinderhospitaal deurbring terwyl toetse op hom uitgevoer is.
Gedurende dié tyd het sy siekte en sy ouers se dilemma onder sakepersone Carlos en Sue Gomes-Luis se aandag gekom het.
Die egpaar het lekkernye en geskenkpakke aan sy ouers verskaf en volgens Sarah het hulle ook 'n geldelike bydrae tot die hospitaalkoste gemaak.
Heinrich het na sy suksesvolle behandeling sy ouers gevra om die egpaar met 'n geskenk te bedank. Hy het dit self uitgekies en tydens die feesseisoen oorhandig.
Die ouers bedank ook die personeel van die daghospitaal en veral vir sr. Desiree van Deventer vir die toegewyde diens aan hulle as familie tydens hul moeilike tyd.
Volgens die Gomes-Luis-egpaar was hulle oorbluf met die gebaar, maar hulle is dankbaar dat hulle tot sy genesing kon bydra.
Van links is Sarah en Heinrich Februarie, Carlos en Sue Gomes-Luis, asook Ben Februarie. Voor: Jordan-Lee Februarie. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'