RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal Familie-leefstylmark word op Saterdag 3 Desember by Jurisch Park aangebied.
Die mark in dié park open om 09:00 en duur tot om 15:00. Dit sal van 3 Desember af tot 7 Januarie 2023 op elke Saterdag aangebied word.
Daar sal ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies wees om van te kies.
Die groentetrok met vars groente uit die distrik sal ‘n groot trekpleister wees en daar sal ook handgemaakte produkte, klere en boeke te koop wees.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'