HEIDELBERG NUUS - 'n Familie van tien is in sak en as nadat 'n groot deel van hul huis gisteroggend deur 'n brand verwoes is.
Altesaam agt volwassenes en twee kleuters, sewe en vyf jaar oud, het in die huis gewoon.
Die saamleefpaartjie is albei 54 jaar oud. Die ander vier manlike inwoners is onderskeidelik 29, 26, 20 en 18 jaar oud en die twee vroulike inwoners onderskeidelik 34 en 25.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie, maar daar was glo niemand tuis toe die brand Vrydagoggend 26 Julie om ongeveer 10:45 uitgebreek het.
Daar word 'n dringende beroep op inwoners gedoen om hulp aan die familie te bied.
Diegene wat graag kan of wil help kan Vennito van Niekerk by 082 096 6772 of Nathan Ruiters by 063 449 8157 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’