STILBAAI NUUS - Die siviele ingenieur, doktor Christo van As, het sy B.Ing graad in 1969 aan die Universiteit van Pretoria verwerf.
Christo het later in die veld van vervoer- en verkeersingenieurswese gespesialiseer en ontvang sy M.Ing (cum laude) van die Universiteit van Stellenbosch in 1973.
In 1979 verwerf hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Southampton na twee jaar se studie in Brittanje.
Hy en sy vrou Monica is sedert 2013 permanente inwoners van Stilbaai, maar hy is nog steeds besig en dien tans op die Nasionale Padagentskap (Sanral) se navorsingspaneel waar hy betrokke is met navorsing oor onder andere verkeersirkels en die voorsiening van verbypaaie asook die ontwikkeling van handleidings oor analitiese metodes.
Op 23 Mei het die Universiteit van Pretoria die ere-doktorsgraad, Doktor van Ingenieurswese (honoris causa) aan hom toegeken vir sy bydrae tot die ontwikkeling van vervoer- en verkeersingenieurswese as 'n gespesialiseerde vakgebied in die siviele ingenieurswese in Suid-Afrika.
Voorwaar 'n uitsonderlike prestasie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’