STILBAAI NUUS - Saterdagmiddag, 27 Desember, is dit weer tyd vir die Stilbaai Roeiklub se Enigiets wat kan dryf op die Goukourivier.
Daar is natuurlik daardie waaghalse wat opdaag met enigiets wat amper kan dryf, maar hulle kom gewoonlik nie veel verder as die wegspringplek nie.
Verlede jaar het meer as 'n duisend mense opgedaag en dit het die grootste verkeersknoop in Stilbaai se geskiedenis veroorsaak.
Om dié rede het die organiseerders besluit om vanjaar by die amfiteater by Hulle by die See weg te spring en af te dryf tot by die boothelling in Versfeldstraat.
Gebruik jou verbeelding of dink iets heeltemal absurd uit, maar toets ten minste jou skepping voordat jy die rivier aandurf.
Dit begin Saterdagmiddag om halfvyf, maar kom vroeg om Babelse verwarring te vermy.
Kaartjies is beskikbaar by Entry Ninja, of vanaf 12:00 Saterdagmiddag by die wegspringplek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’