HEIDELBERG NUUS - Elmarie Jegels, wat pas by die 27ste wêreldkampioenskappe vir die uitvoerende kunste in Los Angeles, Amerika, 'n goue medalje losgesing het, het haar dank aan haar vele weldoeners verlede Vrydagaand, 12 Julie, betuig met 'n kort sangoptrede by Kairos Senior Sekondêr.
Dié spogproduk van Heidelberg het met haar goue stem die eerste plek in die kategorie Vocal Broadway in die ouderdomsgroep 18 tot 24 behaal.
Tydens dié dankiesê-geleentheid het Elmarie en haar ouers klere en skooldrag aan behoeftige leerders van Kairos Senior Sekondêr geskenk.
Hoewel die opkoms nie so goed was nie, is hul donasie tydens die vertoning aan Kairos se skoolhoof, Trevor Februarie, oorhandig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’