RIVERSDAL NUUS - Die eienaars van twee poolhonde (huskys) wat gedurende Maart gevind is, word versoek om hul honde op te eis.
Een van die honde is op 4 Maart by Engen-vulstasie en die ander op 21 Maart naby Takkieskloof-swembad opgelaai.
Sandra Lotz, voorsitter van CARS het gesê: "Omdat CARS nie hulle eie hondehokke het waar die honde gehou kan word nie, is hulle na Lentelus-kennels op Albertinia geneem."
Eienaars moet bewys van eienaarskap kan toon en die koste vir die huisvesting betaal. Volgens Lotz moet die hond gekastreer word en die eienaars sal vir die rekening verantwoordelik wees.
Vir meer inligting, skakel Lotz by 082 962 1831.
Indien die eienaars nie na vore kom nie sal die honde vir aanneming uitgegee word.
Hierdie een is op 21 Maart gevind.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'