HEIDELBERG NUUS - Die gemeente van St. Barnabas Anglikaanse Kerk het Vrydag 12 Januarie afskeid geneem van eerw. Eben Pretorius, of 'vader Eben' soos hy alombekend is.
Pretorius gaan die gemeente van die Holy Nativity Anglikaanse Kerk op Mosselbaai bedien.
Sy eerste preek vir die gemeente is Sondag 21 Januarie, met sy amptelike inseëning op Saterdag 17 Februarie.
Hy was vir die afgelope ses jaar herder van die Heidelberg-gemeente.
Hy het Oukersaand sy afskeidspreek gelewer, waartydens hy die gemeente aan God se belofte, soos vervat in Jeremia 29 vers 11, herinner het.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'