Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Naomi Stander (97) is een van die 136 inwoners van die Droomsentrum op Riversdal se tehuise - Jan Lange en Ou Meule - wat vandeesweek met toestemming teen die Covid 19-virus ingeënt kon word. Sy is Woensdag, 2 Junie deur suster Unita van Niekerk ingeënt.
Inentingfeite:
Die inwoners kon besluit of hulle teen die Covid 19-virus ingeënt wou word.
Die entstof is deur suster Unita van Niekerk toegedien.
Debbie Adams, siekeboeg-sekretaresse het die deeglike administrasie hanteer.
Alles het onder die wakende oog van die hoofverpleegkundige, suster Linda Botha glad verloop. Dit is die Pfizer-entstof - wat herhaal moet word.
Die Droomspan het tot 50 mense per dag ingeënt. Geen entstof is gemors nie.
Dit sluit Ou Meule se inentings af. Jan Lange se inwoners is volgende aan die beurt.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Eerste Dal tehuis-inwoners kry entstof teen Covid-19
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'