Gallery
EDEN DISTRIK NUUSFLITS - Die Eden Sportraad se afrigterskommissie se eerste afrigterskonferensie is as deel van die 2018 Mosselbaai sportfees op 19 September op Mosselbaai aangebied.
Meer as 70 afrigters van 27 sportfederasies het geleentheid gehad om insette te lewer en die rigting te bepaal waarheen sportafrigting in die Garden Route op pad is.
Verskeie top afrigters het aanbiedings oor aktuele sake in afrigting gedoen.
Desmond Speelman, voorsitter van die EDENSR, het in sy openingsrede na heelwat van die uitdagings in afrigting vandag verwys. Hy het dit ook duidelik gestel dat die naam Eden Sportraad sal bly, soos deur die lede van die sportraad besluit is.
Lees meer in die Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'