HEIDELBERG NUUS - Een van die dorp se talentvolste netbalspelers, Eathan Davids, benodig weer dringend finansiële hulp om hom in staat te stel om aan sy geliefde sport op die hoogste vlak deel te neem.
Eathan, oftewel Lexy soos hy alombekend is, is vir die tweede agtereenvolgende jaar gekies om aan die Wes-Kaap Netbalkampioenskappe in Malmesbury deel te neem, wat van 25 tot 27 April plaasvind.
Hy is ook weer gekies om die Overbergdistrik tydens Netbal Suid-Afrika se Manskampioenskappe in Durban te verteenwoordig, wat van 31 Augustus tot 6 September 2025 plaasvind.
Volgens Davids beloop die onkostes vir die Wes-Kaap-toernooi ongeveer R3 000, terwyl die onkoste vir die SA-kampioenskappe sowat R7 000 is.
Davids doen ’n dringende beroep op die publiek om hom te ondersteun sodat hy sy drome ten volle kan verwesenlik.
Vir meer inligting of donasies skakel 063 023 0734.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’