Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Om groente te plant is al van kleins af in André du Toit se bloed. Hy doen dit vir die liefde van die saak, maar in sy tuin in Versveldstraat, Riversdal plant hy om die grotes te pluk.
So het Du Toit Dinsdag, 10 November 'n geel beet in sy kombuis die skaal op net meer as 1.8kg tot stilstand gebring.
In die braaikamer lê bakke met uie en ander groente uit sy tuin wat met die eerste oogopslag jou oë laat rek as jy die buitengewone grootte daarvan aanskou.
Vir hom is 'n 2.2kg papaja maar net nog 'n bewys van die sukses van sy liefde vir tuinmaak. Du Toit vertel hy plant sedert 2008 op Riversdal en sy sukses lê grotendeels in die kompos se aanmaak. Niks geheimsinnig woord binne die resep ingemeng nie. Net skille en nogmaals skille wat hy in emmers gooi en dan in die tuin inwerk.Voor hy op Riversdal sy oeste kom vervolmaak het, het hy langs die Weskus by Klawer sy tuinmaakliefde uitgeleef. "Ek het op 'n plaas grootgeword en boer is deel van my lewe."
As jy deur sy tuin stap, kan jy net waarneem. Du Toit hoef nie 'n woord te sê nie. Sy kuns lê in die grond en spog. Van uie, beet, aartappels, boontjies tot wortels lê uitgegroei en wag op sy hand om dit te pluk.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Groter groente is smaakliker
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'