RIVERSDAL NUUS - Droom nooi die gemeenskap uit na hul gewilde Droom Basaar wat op Vrydag 1 Augustus in die Riversdal-burgersentrum plaasvind.
Die basaar duur van 10:00 tot 14:00, en beloof weer hope pret, heerlike eetgoed en gemeenskapsgees.
Soos in die verlede sal 'n verskeidenheid tuisgebak, lekkernye, vleis, groente en vrugte te koop wees.
Dit is die ideale geleentheid om 'n oggend saam met familie en vriende deur te bring, terwyl jy 'n waardige saak ondersteun.
Geld wat ingesamel word, gaan vir 'n goeie doel, en elke bydrae maak 'n verskil.
Vir meer inligting, kontak Eloize Scrooby by 028 713 2526.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’