HEIDELBERG NUUSFLITS - Heidelberg-biblioteek het hul 25ste bestaansjaar op Dinsdag 25 September gevier.
Vir 87 jaar het hul reeds ’n diens aan die gemeenskap gelewer, maar die gebou waaruit hul nou die biblioteek bestuur, se deure is amptelik in 1993 geopen.
Die biblioteek, in samewerking met Niel Rademan het boeke, musiek en kuns met die Heidelberg se Hessequa Harmonie Fees gevier.
Boekvoorlesing, kinderliedjie sang, storielees, klassieke musiek, drama- en onderhoudvoering, om slegs ’n paar te noem, is van die aktiwiteite wat aangebied is.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'