Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - 'n Plaaslike inwoner is raadop nadat die toegang tot sy erf deur sy bure met 'n draadheining en groot hek, versper is.
Volgens Conrad Pietersen, eienaar van erf 523 in Burnstraat waar hy grootgeword en dit later geërf het, was daar vir meer as 46 jaar geen probleem oor die toegang vir voertuie oor die aangrensende erf 526 nie.
Die eienaar van die buurhuis (erf 526) is egter vroeër oorlede en die nuwe inwoners het die heining opgerig, sodat net voetgangers toegang tot Pietersen se erf het.
Pietersen het nou na hy vele pogings aangewend het om die probleem op te los, die hulp van die Hessequa nie-regeringsorganisasiekoalisie genader om hom by te staan.
Na 'n vergadering wat deur die munisipaliteit tussen Pietersen se bure en die delegasie van die koalisie gereël is, het die koalisie besluit dat hulle die saak by die Gelykheidshof aanhangig gaan maak.
Benewens die koalisie delegasie is Pietersen deur ongeveer 30 plaaslike inwoners ondersteun.
Die munisipaliteit is ook vir hul kommentaar genader. Meer inligting volg sodra die munisipaliteit amptelik gereageer het.
VIDEO: Clive gesels met Conrad Pietersen
Die Pietersen egpaar, Lisdene en Conrad Pietersen staan hier saam met Martin Mutunzi van die Hessequa NRO koalisieforum.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’