STILBAAI NUUS - Die Disa-dameskoor verwelkom graag nuwe lede.
As jy hou van sing is dit die plek vir jou om te wees. Die koor is deel van die Stilbaai Sangers, wat ook 'n mannekoor en gemengde koor het.
Hulle hou gewoonlik twee konserte, die Warm Winterkonsert en die Kerskonsert.
Die koorlede sê dat die voorbereiding vir 'n konsert die grootste deel van die pret is.
Die koor oefen Donderdae van 14:15 tot 15:15.
Belangstellendes kan die koorleidster, Nina du Toit, kontak by 083 234 2730.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’