RIVERSDAL NUUS - Lede van Riversdal-tuinbouklub het by hul algemene jaarvergadering besluit om R5 000 aan die inwoners van Ou Meule-tehuis in die dorp te skenk.
Volgens die lede maak dit hulle baie gelukkig dat die tuinbouklub in die bevoorregte posisie is om te kan gee.
Die skenking is aan Grieta de Jager oorhandig. Die geld gaan vir streklakens en toiletware vir die inwoners aangewend word.
Volgens 'n studie wakker vrygewigheid "dele van die brein aan wat met genot, sosiale verbintenis en vertroue geassosieer word, wat tot 'n gevoel van tevredenheid lei".
In 'n ander studie is bevind dat "mense gelukkiger was wanneer hulle vir iemand anders geld gegee het, as wanneer hulle dit op hulleself uitgegee het".
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'