HEIDELBERG NUUS - Die keramiekkunstenaar Dina Grobler toor met klei, vuur, wind en water om sonderlinge kunswerke te skep. Sy is veral bekend om haar eiesoortige teepotte.
Haar kunsreeks heet “Dryfhout tussen kulture.”
“Ek het ‘n passie vir die veranderende vorm van klei, die energie van vuur, wind, water en beweging. Só word klei in klip - én kuns - verander.”Bedags sal jy haar by vuurwarm dromme vind en skemertyd dans sy met ‘n vuurtang en pot in die hand onder die sterre.
Die tegniek waarmee sy skep, word Raku-vuring genoem, ‘n eeue oue Japanese tegniek.
Sy en haar man, dr. Wollie Grobler, ‘n afgetrede predikant (van die Klipkerk in Bloemfontein), het in 2022 in Heidelberg aangekom.
Sy bedryf die ateljee Firefly Studio in Heidelberg. Hier woon studente klas in teken, skilder, beeldhou en keramiek by. Sy bied ook slypskole in Raku-vuring, Afrika-putvuring, syskerm, teken en etskuns aan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’