STILBAAI NUUS - Die Still Bay Animal Protection is al vir die afgelope 30 jaar by dierewelsyn in Stilbaai en Melkhoutfontein betrokke.
Hulle sien byna daagliks om na siek en beseerde diere en loop deur die strate van Melkhoutfontein om te kyk waar troeteldiere hulp nodig het.
Met die tot niet gaan van dierebeskermingsorganisasies en staatsubsidies wat opgedroog het doen Brian Fraser en sy groep vrywilligers 'n reusewerk waarvan die enigste vergoeding dankbare diere is.
Tydens die massasterilisasie wat Cars van Riversdal onlangs in Stilbaai en Melkhoutfontein gedoen het, het die senior veldwerker van Still Bay Animal Protection, saam met Sandra Lotz deur die strate van Melkhoutfontein gestap op soek na honde en katte wat kwalifiseer vir sterilisasie.
Volgens Elaine Hardy van Still Bay Animal Protection is hulle grootliks afhanklik van ondersteuning uit die gemeenskap om hulle werk te kan doen.
Indien jy jou weg oopsien om te help kan jy die voorsitter, Brian Fraser, by 083 250 5842 of die senior veldwerker by 082 700 2491 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’