RIVERSDAL NUUS - “Dié tak se lede wéét hoe om met deernisvolle hande hulp aan die gemeenskap te verleen!” sê Hannes Noëth, die uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, ná sy onlangse kitsbesoeke aan takke in die Wes-Kaap - ter ondersteuning aan die streek se “Ons Winkel”-uitreikpersele.
Daar is 234 “Ons Winkel”-takke landwyd.
In die Wes-Kaap is daar dertig winkels. In die Tuinroete en Hessequa kan skenkers die winkels van Oudtshoorn, Knysna, George, Mosselbaai en Groot-Brak tot in Stilbaai, Riversdal en Heidelberg ondersteun.
In Riversdal het dié tak van Helpende Hand ‘n sake-ontbyt aangebied - ter stuiwing van fondse om gemeenskapontwikkeling hier te bevorder.
“Wát ‘n voorreg. Dié vroue is vrywilligers wat deur groot projekte ‘n verskil met hart, krag en hoop in die gemeenskap maak. Sáám skep ons menswaardigheid vir oud en jonk die toekoms in. Dié lede het ‘n daadwerklike begrip vir ons doelwitte: hande wat met oorgawe hélp!”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’