HESSEQUA NUUS - Die 9 mm reën wat die afgelope week in die Riversdal-distrik uitgesak het, het geen noemenswaardige invloed op enige van die damvlakke in Hessequa gehad nie.
Die Jongensfonteindam is die enigste wat 100% vol is met Duivenshok se vlak wat nou op 88,2% staan.
Die stand van die ander damme in Hessequa is onveranderd.
Die inhoud van al die damme lyk nou só:
19 Mei
Korentepoortdam - 94,9%
Duivenhoksdam - 88,2%
Olive Grove - 96%
Jongensfonteindam - 100%
26 Mei
Korentepoortdam - 94%
Duivenhoksdam - 88,2%
Olive Grove - 96%
Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’