Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN GALERY - Die vroue landbou vereniging (VLV) is beslis nie ‘n spul ou mense nie, maar ‘n vooruitstrewende groep vroue wat 80 werklik na 18 laat lyk.
Dié dames het Woensdag 15 November by die Fouriehuis bymekaar gekom om die jaar behoorlik af te sluit.
Hierdie groep vroue sit nie stil nie, maar bemagtig hulself met nuwe kennis by elke byeenkoms, hetsy dit oor jou voertuig se bande gaan, nuwe verftegnieke of ‘n heerlike uitstappie is.
Vir Maretha Wessels is hierdie byeenkomste baie spesiaal, want dit is ‘n plek waar daar tyd is om met ander mense om te gaan in ‘n wêreld waar ons elkeen net vir onsself leef.
Daar word met groot opgewondenheid uitgesien na 30 Januarie 2018 waar elke dame haar trourok en trou album kan saambring en deel in die nostalgie met die ander.
Kyk 'n video hier:
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum. SLEGS IN DRUK.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'