RIVERSDAL NUUS - Codey Abrahams van Hoërskool Langenhoven het onlangs aan die SA Growthpoint o. 15 Nasionale Toernooi by die V&A Waterfront deelgeneem.
Codey het drie van sy vier wedstryde gewen en met sy uitstekende spel het hy homself sterk laat geld tussen die beste spelers in die land.
Daarby is hy ook deur Squash SA aangewys as die nommereen o. 14 seuns-muurbalspeler in Suid-Afrika vir 2025!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’