RIVERSDAL NUUS - Hessequa-munisipaliteit het Community Animal Rescue Society (CARS) tot 30 Junie 2027 aangestel om die massasterilisasies van inwoners se honde en katte te doen.
? Sekere dorp of woongebied sal geteiken word waar die nood die grootste is. Weens beperkte fondse beskikbaar is dié benadering die mees geskikte opsie om massasterilisasie toe te pas.
Inwoners word aangemoedig om hulle diere te laat steriliseer om sodoende vir die verminderde tarief in aanmerking te kom.
Lisensiegelde wat ingevorder word sal aangewend word om die munisipaliteit se eie fondse aan te vul om sodoende die skut se funksie te onderhou en meer volhoubaar te maak.
Die munisipaliteit is tans ook betrokke om Kerneelsie Cares NPC in Albertinia behulpsaam te wees om diere - 10 honde een keer per maand - na Mosselbaai te vervoer om gesteriliseer te word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’