STILBAAI NUUS - Busy Lizzy huis- en tuinbouklub het besluit om die jaar op 'n hoogtepunt af te sluit en het vir Carmen Niehaus genooi om te kom gesels oor heerlike kos vól heilsaamheid.
Carmen was 32 jaar lank die kosredakteur van die land se grootste tydskrifte, Huisgenoot en YOU.
Sy was ook verantwoordelik vir die bekende kookboekreeks, Wenresepte waarvan letterlik oor 'n miljoen kopieë verkoop is.
Net nadat die ergste Covid-maatreëls in 2020 ietwat gelig is het sy en haar gesin permanent Langebaan toe verhuis, en daarvandaan woeker sy nou voltyds aan verskeie opwindende kosprojekte.
Moet dus nie haar praatjie, Lekker en Goed, waar sy gaan uitbrei oor heerlike kos, misloop nie.
Die praatjie gaan Dinsdag, 18 November, om 10:00 in die Gereformeerde Kerk in Reservoirstraat, Stilbaai-Wes, tydens Busy Lizzy huis- en tuinbouklub se afsluitingsfunksie plaasvind.
Kaartjies is beskikbaar by Julie van Deventer: 082 376 1213, Rina Jooste: 083 415 6091, Leone de Koning: 082 840 9157 en Hildegard Delport: 082 670 3969.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’