RIVERSDAL NUUS - Die finansiële groep, BVSA in Riversdal, vier vandag Loslitdag voluit.
Ter selfder tyd het hulle ook vir ‘n bietjie pret by Huis Wallace Anderson op die dorp gesorg en die huis vir mense met fisiese gestremdhede ondersteun met Loslitdagplakkers.
In pas met die Disney-tema van Loslitdag 2021, het almal aangetrek soos hulle gunsteling fantasiekarakters.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'