RIVERSDAL NUUS - Die leier van 'n groep buitelanders het ao. Hans Busch van Riversdal-polisie genader om hom behulpsaam te wees met die lewering van kospakkies aan behoeftige mense in die gemeenskap.
"Dit is by die polisiestasie per koepon aan inwoners oorhandig sodat daar geen onenigheid kan plaasvind nie," verduidelik Busch.
Inwoners van Riverville, Aloeridge, Môrestond en Kwanokuthula het hierby gebaat. Busch is die sektorbestuurder van hierdie woongebiede.
"Die blydskap op die mense se gesigte was onbeskryflik en hulle het die skenkers bedank vir wat hulle gedoen het," vertel Busch.
Hy wens alle Moslems 'n geseënde vastyd toe.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'